Fondasie Fase Graad R 2021

Advanced College is trots om kwartaal 3 af te skop met ‘n nuwe aanlyn Graad R skool. Ons video’s is baie volledig en sluit al die nodige leer uitkomste in. Ons volg die CAPS kurrikulum, spesifiek die Alles-in-Een reeks.

Ons fokus op die integrasie metode deur ‘n kombinasie van aanlyn video’s, werkkaarte, aanlyn assesering en ouer ondersteuning.

Die leer areas wat ons in video formaat aanbied:

  • Afrikaans
  • Wiskunde
  • Lewensvaardigheid – Visuele kunste, Liggaamsopvoeding en Persoonlike en Sosiale welsyn.

Dit is ons begeerte dat julle as ouers weet waarmee ons in die klas besig is en wat geleer word. Graad R leerders het nog ondersteuning nodig en ons wil die leer proses so maklik as moontlik maak.

Die dienste wat ons aanbied:

  • Kwartaalplan (per vak)
  • Onderrigplan vir elke week (per vak)
  • Video’s aanlyn met die CAPS uitkomste vir Afrikaans, Wiskunde en Lewensvaardigheid
  • Werkkaarte volgens die lesse aangebied
  • Ouer kommunikasie rakende items benodig vir elke les sowel as oefeninge wat by die huis gedoen kan word.
  • Assesering deur middel van werkkaarte, opnames van ouers en ‘n zoom meeting

Basiese benodighede vir leerder:

  • Speel klei
  • Pritt

 

Videos vir ander grade vanaf 2022

francois@advancedcollege.co.za  - Tel 0861 26 8883 & 012 997 0920 & 072 6299 705

Graad R GrR Kw3 W21 Wisk Les1 - Video

 

Back Back to top